Dagsoom

Dagsoom van bodemrots naby San Carlos Water, Falkland-eilande

'n Dagsoom (Engels: outcrop) is 'n sigbare blootstelling van bodemrots of antieke oppervlakkige afsettings op die oppervlak van die Aarde.[1]

'n Sub-dagsoom (Engels: subcrop) vorm waar 'n laag gesteentes teen 'n ander laag gesteentes doodloop. Dit kan bv. vorm waar 'n formasie deur tektoniese kragte geroteer word, en op die oppervlak verweer waar dit dagsoom. Hierdie laag kan dan later weer bedek word tydens 'n daaropvolgende fase van afsetting. Hierdie nuwe laag/lae verkit later, om 'n nuwe sedimentêre formasie te vorm, waarteen die oorspronklike laag dan dagsoom.

  1. Howell, J. V., 1960, Glossary of geology and related sciences. American Geological Institute, Washington, p. 207-208

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search